Blitsbokke ly naelskraapse nederlaag teen Engeland

Rugby: Die Blitsbokke het vanoggend ‘n naelskraapse nederlaag van 12 -10 teen Engeland by die Hongkong-Sewestoernooi gely. Die Suid-Afrikaners het Vrydag die nuwelinge Uruguay in Groep B met 21-0 verslaan. Die Springbokke pak Frankryk net na 11 in hulle laaste groepwedstryd. Die Franse het met 34-0 in hulle kragmeting met Engeland geseëvier.