‘Chinese beskuldigde moet gedeporteer word’ na hy glo vrou dwing om uit te trek

Die Chinese burger wat daarvan beskuldig word dat hy ‘n Namibiese vroulike werker voor kliënte in sy winkel in die Chinatown-inkoopsentrum in die hoofstad gedwing het om haar klere uit te trek, is in hegtenis geneem en verskyn môre in die hof op ‘n aanrandingsklag. Intussen eis die Swapo Party se Vroue- en Jeugligas dat die Chinese man gedeporteer word. Die sekretaris van die Swapo-vroueliga, Eunice Ipinge, sê dit is ‘n vernedering vir die vrou.