China weer vies oor hoë Britse besoek aan Taiwan 

China is wéér kwaad omdat nog ‘n hooggeplaaste Westerse amptenaar Taiwan besoek. Greg Hands, Britse handelsminister gaan met President Tsai Ing-wen van Taiwan vergader en mede-gasheer wees van die 25ste jaarlikse Brits-Taiwanse handelsgesprekke tydens sy twee daagse besoek. ‘n Woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake in Beijing sê China is onverskrokke gekant teen enige vorm van amptelike interaksie tussen ‘n land met wie hy diplomatieke betrekkinge het en Taiwan.