China vestig Afrika-akademie in Beijing  

Die Chinese Sentrum vir die Afrika-akademie vir Wetenskappe is in Beijing, China opgerig. Die akademie het samewerkingsooreenkomste op gebiede soos die landbou, die behandeling van water en dieregesondheid met Chinese navorsings-instellings, universiteite en maatskappye onderteken. Die organisasie wil die uitruil van talent asook samewerking op die gebied van die wetenskap en tegnologie tussen China en lande in Afrika bevorder. Daarbenewens het die akademie, sy Chinese Sentrum en die China Water-omgewingsgroep ʼn strategiese samewerkingsooreenkoms onderteken om China se gevorderde behandelingstegnologie van afvalwater aan lande in Afrika bekend te stel.