China verwag reuse-Covid-vlaag in Junie
Internasionale berigte lui dat Chinese owerhede op die oomblik druk plaas vir die goedkeuring van nuwe Covid-entstowwe in daardie land omdat daar verwag word dat ‘n nuwe Covid-vlaag in Junie die land gaan tref wat tot 65 miljoen mense kan raak. Volgens die berigte is daar kommer oor die aanpassings van die nuwe XBB-variante wat verlede jaar se immuniteit tot nul sal dwing. Zhong Nanshan, ‘n top-Chinese epidemioloog, sê twee nuwe entstowwe wat XBB 1.9.1, 1.5, en 1.16 aanspreek, sal binnekort goedgekeur word met drie tot vier ander entstowwe wat reeds in die proses is. China het gesukkel om inentings uit te brei met talle landsburgers wat geweier het. In die VSA het gevalle ook toegeneem maar, die land het sy openbare noodtoestand steeds op 11 Mei opgehef.