China verbied ongelisensieerde aanlynspeletjies

China het ‘n verbod geplaas op alle aanlyn videospeletjies wat nie deur die regering goedgekeur is nie. Die land se uitsaai-administrasie sê oorsese speletjies of kompetisies mag nie sonder goedkeuring aanlyn aangebied word nie. Tewyl talle van die speletjies deur verskeie bevorderde platforms wel aangebied word, is hul verkope in die land nie toegelaat nie. ‘n Speletjie soos Elden Ring het meer as 17 miljoen aanlyngebruikers daagliks gehad maar is nie in die land gelisensieer nie. Verlede jaar het China nuwe reëls ingestel wat die hoeveelheid tyd wat kinders onder 18 videospeletjies speel beperk het tot drie ure weekliks.