China is ‘vergewingsgesind’ oor Afrika-lenings

China het aangekondig dat hy 17 Afrikalande van 23 rentevrye lenings wat aan die einde van 2021 verval het, sal “vergewe”. Die verklaring is gemaak deur staats-raadslid Wang Yi by die vergadering oor die implementering van die opvolg-aksies van die agtste Forum oor China-Afrika-samewerking se ministeriële konferensie. Navorsing toon dat China tussen 2000 en 2017 altesaam 143 miljard Amerikaanse dollar aan Afrika-regerings en staatsbeheerde ondernemings geleen het. In 2020 was die Afrikalande met die grootste skuld aan China Angola met 25 miljard dollar, Ethiopië  met 13,5 miljard dollar, Zambië met 7,4 miljard dollar, gevolg deur die Republiek van die Kongo en Soedan.