China beleef grootste Covid-uitbreking van Delta-variant

China beleef tans die grootste Covid-uitbreking van die Delta-variant, volgens statistiek wat vandag bekend gemaak is. Chinese owerhede sê 32 nuwe bevestigde gevalle wat plaaslik oorgedra is, is gister aangemeld en die meeste hiervan was in die noord-oostelike stad, Dalian. Teen gister is 98 315 bevestigde gevalle in die Chinese vasteland aangemeld, wat binnelands en van oorsee oorgedra is. Daar is altesaam 4 636 sterftes aangeteken.