Saccawu maak môre versetoptrede bekend

Die vakbond Saccawu gaan môre by Saccawu Huis in Braamfontein die aanvangsdatum van hul onbepaalde nasionale versetoptrede bekend maak. Die versetoptrede hou verband met salarisse en eensydige veranderings aan werksomstandighede. Saccawu se lede verteenwoordig 229 kleinhandelafsetpunte landwyd, insluitend die Massmart Groep wat Makro, Game, Makro-Fruitspot, Massbuild, en ander afsetpunte insluit. Dit volg nadat koördineerders van werkerverteenwoordigers gister ‘n nasionale staking gehou het.