Chica, die beer, gaan kinders kanker help beveg

Liberty Namibia gaan die beer, Chica, in samewerking met die Kankervereniging van Namibië op 15 Februarie in die hoofstad bekendstel. Dit is ‘n inisiatief wat bewusmaking bevorder om kinders te ondersteun wat kanker in Namibië beveg. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging, Rolf Hansen, deel sy opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus.