Cheney sê alles moet gedoen word om te keer dat Trump weer die Withuis betree

Voormalige top-Republikein, Liz Cheney, sê oudpresident, Donald Trump, staan aan die middelpunt van die bedreiging vir grondwetlike waardes. Sy is een van nege Republikeine wat verlede jaar gestem het om Trump te beskuldig vir sy rol in die aanhitsing van ‘n opstand. Cheney, wat verlede week haar Wyoming-setel in die Kongres verloor het, sê daar is eenvoudig geen manier waarop Amerika homself kan onderhou as hulle Trump weer in ‘n magsposisie plaas nie: