Chelsi is Mej. Namibië

Chelsi Shikongo is die wenner van Mej. Namibië 2021. Sy is in die hoofstad gekroon by ‘n glansgeleentheid wat aanlyn aangebied is. Annerrie Maré is verkies as die eerste prinses en Michelle Mukuve as tweede prinses. Shikongo neem oor by Nadja Breytenbach wat in 2019 gekroon is. Daar was verlede jaar geen kompetisie nie as gevolg van die Covid-pandemie. Shikongo het ook die titel van top model en mees fotogenies tydens die kompetisie verower.