Cheetahs op pad na Europa

Rugby: Die Cheetahs speel Saterdag in Parma, Italië, hulle eerste wedstryd in die Europese Uitdaagbeker teen Zebre. Dan keer hulle terug na Suid-Afrika vir die tweede ronde op 17 Desember teen die Haaie in Bloemfontein. Een van die voorwaardes vir die Cheetahs se deelname aan die toernooi is dat die span se basis in Europa moet wees en daarom speel hulle die tuiswedstryd in die derde ronde op 14 Januarie teen Section Paloise in Amsterdam. Die Cheetahs sluit hulle bepalings in die groepfase op 20 Januarie af teen Oyonnax in Frankryk.