Chauvin het prosedures oortree

Die Polisiehoof van Minneapolis, Medaria Arradondo, het getuig die geweld wat die voormalige polisiebeampte Derek Chauvin teen George Floyd gebruik het, was strydig met die stad se polisiebeleid. Chauvin staan tereg vir die moord op Floyd, maar het skuld ontken op al die klagte teen hom. Daar word berig dat die polisiehoof het Chauvin en nog drie beamptes wat in Mei by Floyd se dood betrokke was, ‘n paar dae later ontslaan. Arradondo sê Chauvin het die polisie se beleid oor nekgrepe ernstig oortree: