Charlotte Maxeke Johannesburg Hospitaal maak eers in Julie oop

Die DA in Gauteng sê pasiënte by die Charlotte Maxeke Johannesburg Hospitaal is nog ‘n slag toegedien nadat die heropening van die onkologie-eenheid en ander noodsaaklike beddens weer uitgestel is. Dit is te midde van die derde Covid-19-vlaag wat die provinsie teister. Die waarnemende gesondeidsminister, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het verlede week aangekondig dat die onkologie-eenheid dié week sal heropen. Jack Bloom van die DA sê dis jammer dat die eenheid eers op 5 Julie sal heropen.