Charlotte Maxeke eers teen 2026 voltooi

Die DA in Gauteng sê ten spyte van beloftes dat herstelwerk by die Charlotte Maxeke-hospitaal in Johannesburg teen die einde van volgende jaar volledig afgehandel sal wees, sal veiligheidsmaatreëls teen brande eers oor vier jaar voltooi word. Die DA-woordvoerder, Jack Bloom, sê volgens die LUR vir Gesondheid, Nomantu Nkomo-Ralehoko, sal voorsorgmaatreëls teen brande in blok een tot vyf en in die administrasie-blok teen Februarie 2026 voltooi wees. Hy sê die vertraging word toegeskryf aan die tydelike verskuiwing van pasiënte in elk van die hospitaal se vyf blokke, wat ses tot agt maande per blok sal duur: