Charlize staan ook KZN by

Charlize Theron doen ‘n beroep om lede van die publiek om by haar Africa Outreach-projek aan te sluit om die mense van KwaZulu-Natal by te staan. Theron het reeds ‘n geruime tyd haar Afrika-projek wat fokus op die bemagtiging van Afrika-jeug, maar sy sê die ongekende vloede in KwaZulu-Natal noodsaak verdere bystand. Sy het ‘n spesiale Facebook-blad gestig vir die doel en alle skenkings word hanteer deur die oorsese Entertainment Industry-stigting. Die teiken is 118 000 Suid-Afrikaanse rand. Sy het reeds amper 93 000 rand in vier dae van 95 skenkers ingesamel.