Charles nou te sien op 50-pennies munte

Die eerste Britse muntstukke met ʼn afbeelding van koning Charles daarop sal in Desember algemeen gesirkuleer word. Die 50-pennies muntstuk word by die Koninklike Munt in Wallis vervaardig. Die munt is deur die Britse beeldhouer, Martin Jennings, ontwerp. In ʼn voortsetting van tradisie kyk die afbeelding van Charles in die teenoorgestelde rigting as dié van sy moeder. Daar is ongeveer 27 miljard muntstukke in omloop met koningin Elizabeth se afbeelding daarop.