Chaos in Lichtenburg in Noordwes

Daar heers chaos by die munisipaliteit van Lichtenburg in Noordwes. Die LUR vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake in Noordwes, Nono Maloyi, het ‘n voorval in die Ditsobotla plaaslike munisipaliteit in Lichtenburg veroordeel. Die departement se woordvoerder, Dineo Thapelo, sê ‘n groep kontrakwerkers wie se kontrakte beëindig is, het na bewering die oggend vir diens aangemeld en toe amok gemaak en amptelike dokumente wat hulle by munisipale kantore afgehaal het, weggegooi.