Chaos het vanmiddag in die Nasionale Vergadering uitgebars.

Chaos het vanmiddag in die Nasionale Vergadering uitgebars toe die arbeidsminister Utoni Nujoma terugvoering gegee het oor die vergadering wat sy ministerie met NEFF-lede gehad het waar hy die aktiviste beskuldig het dat hulle ‘guerrilla-taktiek’ gebruik en goedkoop politieke punte wil verwerf. Die NEFF-leier Jan Mukwiilongo wou weet in watter aspek die minister hulle as ‘gorillas’ sien. Die adjunkspeaker van die Nasionale Vergadering, professor Loide Kasingo, het opgestaan en uitgestap. Die NEFF-parlementslid Longinus Ipumbu, het ‘n beroep op die arbeidsministerie gedoen om meer vir werkers te doen.