Chaos by Twitter trek VSA se handelskommissie se aandag

Die Amerikaanse federale handelskommissie sê hy hou die onlangse verwikkelings by Twitter met kommer dop. Dit volg nadat die sosialemediamaatskappy se hoof-privaatheidsbeampte, die hoof-nakomingsbeampte en die hoof-sekerheidsbeampte gister bedank het. Dit verhoog die risiko dat Twitter beheermaatreëls kan oortree. Daar word berig die maatskappy is in wanorde gedompel sedert die nuwe uitvoerende hoof, Elon Musk, verlede week begin het om duisende werknemers af te dank. Die kommissie se woordvoerder, Douglas Farrar, sê geen uitvoerende hoof of maatskappy is bo die wet verhewe nie en maatskappye moet die kommissie se instemmingsbepalings nakom.