Chani Rabe gewild by Mej. Supranasionaal

Die Mej. Supranasionaal-kompetisie is byna in volle gang in Pole en Namibië se Chani Rabe het reeds begin om ‘n indruk te maak. Rabe van Windhoek is so gewild dat sy as ‘n voorloper bestempel word en verskeie voorspellers meen dat sy volgende naweek die kroon sal dra. Chani se ma, Natasha Rabe, is op pad Pole toe om haar mooi dogter te ondersteun. Sy vertel meer aan Kosmos 94.1 Nuus.

Rabe het ook ‘n paar aktiwiteite op die program gedeel wat vir Chani voorlê.