CERN ontdek drie nuwe sub-atomiese deeltjies

Die wêreld se grootste en kragtigste deeltjie-versneller by CERN, die Europese deeltjie-fisika-laboratorium in Genève in Switserland, het fisici gehelp om ‘n penta-kwark en die eerste ooit paar tetra-kwarke op te spoor. Die Groot Hadron-versneller is in April weer aangeskakel na meer as drie jaar se opgraderings- en instandhoudingswerk. Dit is daarna op 5 Julie met ongekende vlakke van energie gelaai en het begin om protons teen byna die spoed van lig teen mekaar te laat bots. Die huidige toetsfase sal duur tot 2026.