Cele waarsku ook die EFF oor Maandag

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, sê geen vorm van geweld of intimidasie sal geduld word tydens die EFF se nasionale stilstand wat vir Maandag beplan word nie. Hy het op ‘n nuuskonferensie van ministers van die sekerheids-groepering die maatreëls uiteengesit wat ingestel is voor die beplande betoging. Cele sê Suid-Afrikaners en hul ondernemings sal beskerm word teen enige vorm van geweld. Hy sê alle grensposte, insluitend op land, see en lug, sal in bedryf wees: