Afrika-regerings moet na die vasteland kyk, nie tradisionele handelsvennote nie

Afrika-regerings het elk hul eie lojaliteite en handelsvennote al neig meeste ooswaarts. Dit is ‘n daadwerklike uitdaging vir die vasteland se vryhandelooreenkoms. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner in die gebied van Afrika-sake is van mening dat organisasies soos BRICS nie voorkeur moet kry in verband met handel nie en dat Afrikalande eerder hulle fokus op die vasteland moet plaas, anders sal die ooreenkoms misluk.