Cele stel nasionale taakspan aan vir ontvoerings

Die Suid-Afrikaanse polisieminister, Bheki Cele, sê ‘n nasionale taakspan is reeds op die been gebring om gevalle van ontvoering en afpersing, wat in die land aangemeld word, te ondersoek. Cele het vandag ‘n perskonferensie in Kaapstad en gesê die taakspan doen op nasionale en provinsiale vlak ondersoek om verdagtes op te spoor en te arresteer. Kosmos 94.1 se Kaapse korrespondent Fritz Platt het die storie.