Cele sê politieke moorde neem toe en is kommerwekkend

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het sy kommer uitgespreek oor die styging in politieke moorde in die land. Die minister het besoek afgelê in Mpumalanga ná die moord op ‘n ANC-raadslid in die provinsie, Sbonelo Mthembu, en twee ander mense verlede week. Cele sê nog ‘n groot bron van kommer vir die polisie is die feit dat nie alle politieke verwante moorde aangemeld word nie: