Cele sê geen slagoffer van geslagsgeweld moet weggewys word nie

Die buurland se minister van polisie, Bheki Cele, waarsku beamptes om nie slagoffers van geslagsgeweld weg te wys wanneer hulle sake van mishandeling wil aanmeld nie. Hy het ‘n imbizo met mans in Khayelitsha, Kaapstad, toegespreek. Meer as 9 500 gevalle van geslagsgeweld en 13 000 gevalle van huishoudelike geweld is verlede jaar net tussen Julie en September aangemeld. Cele sê dis die polisie se verantwoordelikheid om misdaadslagoffers, veral vroue en kinders, te help: