Cele ontmoet met Krugersdorp-slagoffers

Die Suid-Afrikaanse minister van polisie, Bheki Cele, het ses van die agt slagoffers van die Krugersdorpse bendeverkragting en hulle gesinne ontmoet. Dit volg nadat agt vroue verkrag en beroof is in ‘n beweerde aanval op ‘n span wat Donderdag ‘n musiekvideo in West Village, Krugersdorp, gemaak het. Daar is reeds 82 in hegtenis geneem in die verband en owerhede wag nou vir DNS-toetse.