CBI-uitspraak vandag verwag

Uitspraak word vandag verwag in die saak waar die hoof van die kriptogeldeenheid-maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, die Bank van Namibië dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart, sowel as vir 5 miljoen dollar in sy privaat hoedanigheid na die bank al sy bates en rekenings gevries het. Regter Marlene Tommasi sal na verwagting die uitspraak vanoggend lewer.