CBI-uitspraak uitgestel, dokument moet geproeflees word

Uitspraak in die saak waar die hoof van die kriptogeldeenheid-maatskappy CBI Exchange Namibia, Coenie Botha, die Bank van Namibië dagvaar vir skadevergoeding van 500 000 Namibiese dollar per dag vanaf 4 Maart, sowel as vir 5 miljoen dollar in sy privaat hoedanigheid na die bank al sy bates en rekenings gevries het, is uitgestel tot 7 Julie. Regter Marlene Tommasi het op 8 Junie aangedui dat die saak tot vandag toe uitgestel word vir uitspraak maar, in haar bevel vanoggend sê sy die uitspraak moet nog geproeflees word. Dus, sal Coenie Botha nog ‘n week moet wag.