Messi nie by Olimpiese Spele

Olimpiese Spele: Die Argentynse sokkerlegende, Lionel Messi, gaan nie sy land op die Spele in Parys verteenwoordig nie en sê hy is te oud om in elke toernooi te speel. Die 36-jarige sê dit gaan hom ook ‘n paar maande van sy Amerikaanse klub, Inter Miami, wegneem, omdat hy van volgende week af vir sy land in die Copa America-toernooi speel. Messi, wat in 2008 vir Argentinië goud help verower het op die Spele in Beijing, sê hy moet oordeelkundig kies en kan nie in twee toernooie na mekaar speel nie.