Windies gee Amerika loesing, steek Engeland verby

Krieket: Shai Hope se stylvolle, onoorwonne 82 het die Wes-Indiese Eilande weer hoop gegee vir ‘n T20 Wêreldbeker-halfeindstryd na ‘n nege-paaltjie loesing vir hulle mede-gashere, Amerika. ‘n Nederlaag teen Engeland in hulle aanvangs-Super 8-wedstryd het die Windies onder druk geplaas, maar hulle het reageer met ‘n dominante sege in Barbados. Nadat hulle Amerika uitgeboul het vir 128, het Rovman Powell se span die teiken in net tien beurte en vyf balle bereik. Daarmee het hulle Engeland in die kompetisie verbygesteek. Die Wes-Indiese Eilande speel Maandag teen die Proteas.