Proteas, Windies vanaand in aksie in Jamaika

Krieket: Die Proteas pak vanaand die Wes-Indiese Eilande in Jamaika in die eerste van drie T20’s. Hierdie reeks sal as ‘n belangrike opwarming dien vir die T20-Wêreldbekertoernooi wat volgende maand in die Karibiese Eilande en Amerika gespeel word. Rassie van der Dussen is die kaptein van die Proteas vir die reeks wat hulle die geleentheid bied om aan die Karibiese klimaatstoestande gewoond te raak.