Gemmerkat sluk muntstuk in

‘n Gemmerkat, genaamd Pumpkin, 3 jaar oud, is ‘gelukkig om te lewe’ nadat hy vermoedelik ‘n 5p-muntstuk  ingesluk het terwyl hy daarmee gespeel het. Sy eienaar Millie moet nou ‘n £3 500 (sowat N$81 400) opdok vir ‘n veeartsrekening.

Foto: Image: Millie Farrow/SWNS

Pumpkin se eienaar, Millie Farrow, sê haar kat het op 13 Mei siek geword. Hy het begin ‘hartseer lyk’, opgehou eet en heeltyd geslaap. Farrow het hom na die veearts gehaas waar daar aan haar gesê is dat hy moontlik aan gastro-enteritis ly. Toe Pumpkin egter binne vier dae ‘n halwe kilogram verloor het, het hy ‘n sonaar ondergaan waar die veearts die skokkende ontdekking gemaak het van ‘n 5p-muntstuk wat in sy spysverteringskanaal vasgesteek het.

Farrow het gesê: “Ons het gedink hy gaan dood gaan. Hy is gelukkig om te lewe. Hy was so swak. Hy was lusteloos – het heeltyd geslaap – en hy wou niks eet nie. My ander kat Winston het langs hom gelê en sy gesig gelek, dit was asof hy geweet het iets is fout.”

Pumpkin het intussen ‘n operasie ondergaan om die muntstuk te verwyder en sterk nou aan by die huis.

Foto: Millie Farrow/SWNS