Vrou laat tatoeëer weer haar oogballe…

’n Vrou wat beweer dat sy Australië se “mees getatoeëerde vrou” is, het beweer sy was op ‘n vorige geleentheid vir drie weke blind nadat sy haar oogballe helderblou laat tatoeëer het, en nou, sewe jaar later, het sy dit weer gedoen.

Amber Luke, wat ook aanlyn bekend staan ​​as ‘Dragon Girl’, het ‘n verbysterende £144 000 (sowat N$3,3 miljoen) aan tatoeëermerke en liggaamsveranderinge bestee, en in ‘n plasing wat die naweek op Instagram gedeel is, het sy onthul dat sy weer onder die naald was om die wit van haar oog verder in te kleur. Die vrou het dit vantevore reeds helderblou ingekleur, maar sy het nou swart bygevoeg om haar oë soos ‘n “oseaan” te laat lyk.

Amber sê die gevoel is soos ‘n emosionele konneksie waarvoor sy sewe lang jare moes wag. In die video het sy ‘n haar nuwe voorkoms ten toon gestel en aanhangers het haar grootliks ondersteun. Baie het vir haar gesê hulle was mal oor hoe haar oë met die nuwe kleur, en sommige het haar “dapper” genoem om dit weer te doen ná haar vorige ondervinding.

Foto: Jam Press Vid/@amberluke666