Spieëltjie, spieëltjie, wie het langste baard?

Bywoners by die Nasionale Baard- en Snorkampioenskappe in Florida het drie Guinness-wêreldrekords gebreek vir die langste kettings van baarde, snorre en gedeeltelike baarde.

Die jaarlikse geleentheid, wat elke jaar op ‘n ander plek deur Beard Team USA gehou word, het gesien hoe deelnemers die drie rekordtitels op die Main Street Pier in vanjaar se gasheerstad, Daytona Beach, aandurf.

Foto: Instagram

Eers is die rekord vir die langste baardketting aangepak, wat voorheen tydens die vorige jaar se Nasionale Baard- en Snorkampioenskappe op 45,72 meter vasgestel is.

Die deelnemers het langs mekaar gestaan, en hul gesighare is saamgebind in ‘n 86-persoon-ketting wat 59.53 meter gemeet het.

Organiseerders het toe probeer om die rekord vir die langste snorketting te behaal, met 27 deelnemers wat ‘n rekordlengte van 6,22 meter behaal het.