Orangoetang gebruik homeopatiese plant vir wond behandeling

‘n Sumatraanse orangoetang, Rakus, het ‘n gesigwond onder sy regteroog opgedoen, blykbaar tydens ‘n bakleiery. Rakus woon in ‘n beskermde reënwoudgebied in Indonesië. Wat hy drie dae later gedoen het, het die aandag van wetenskaplikes getrek. Navorsers beskryf hoe hulle waargeneem het hoe Rakus blykbaar die wond behandel met behulp van ‘n plant wat bekend is vir sy pynstillende eienskappe en vir die ondersteuning van wondgenesing as gevolg van sy antibakteriese, anti-inflammatoriese, anti-swam en antioksidante eienskappe. Hy het die plant se blare gekou om ‘n vloeistof te produseer wat hy herhaaldelik op die wond gesmeer het. Hy het ook die plantmateriaal op die wond soos ‘n pleister geplaas. Daar is waargeneem dat hy ander vreemde plante ook geëet het wat wetenskaplikes nou aan die dink het oor hulle genesingswaarde.