Verhouding tussen werkaansoeker en beskikbare pos is tot 100:1

Die Verkiesingskommissie van Namibië, ECN, het onthul dat hy 82 976 aansoeke vir die algemene registrasie van kiesers ontvang het, hoewel slegs 3 280 amptenare benodig word. Dit is nie ongewoon nie. Die statistieke-agentskap het 100 000 aansoeke vir 13 000 poste ontvang. Reeds in 2019, het meer as 3 000 werksoekers by Sentraal Hospitaal opgedaag vir nege skoonmaker poste. Die toestand van die arbeidsmark, gekombineer met stadige werkskepping en lae primêre sektorproduktiwiteit, lei tot baie hoë werkloosheid. Werkloosheid is besig om ‘n menseregtekrisis te word. Mense wil werk, maar daar is nie werk nie. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Herbert Jauch, ‘n arbeidskenner, oor wat gedoen moet word om die situasie te probeer regstel.