Arbeidskenner sê oor net ‘n derde van leerders wat op hoërskool is

Reaksie word ontvang op nuus dat ongeveer 27 persent van alle leerders in die land, rondom 900 000, is in hoërskool teenoor die oorblywende 72 persent wat laerskool bywoon. Volgens die jongste berigte is daar twee keer soveel graad een-leerders as graad 11-leerders. Dit sal ‘n beduidende impak op die arbeidsmark hê en Kosmos 94.1 Nuus het met arbeidskenner, Herbert Jauch gepraat.