Coenie Botha soek sy goed terug, bring hofaansoek

Die hoof van CBI Exchange Coenie Botha en sy vrou Charlotte Murove het kennis gegee dat hulle op 23 Mei ‘n dringende aansoek in die hoërhof sal bring om die beslaglegging van hulle goedere tersyde te stel. Die lys van goedere, wat alles in ‘n grys Range Rover voertuig met ‘n Swakopmund registrasie op 11 Maart vanjaar gevind is, sluit onder andere rekenaars, ander tegniese toerusting, hardeskywe, dokumentasie, SIM-kaarte, bankkaarte en verskeie paspoorte en ID-kaarte in. Die twee, wat van 160 miljoen Namibiese dollar se bedrog verdink word, se saak is in die Windhoek-landdroshof tot 31 Julie uitgestel. Botha is vry op 50 000 dollar se borg en Murove, op 30 000 dollar.