Haaie vier Uitdaagbeker-glorie

Rugby: Die Haaie het geskiedenis gemaak deur die eerste Suid-Afrikaanse span te word om ‘n Europese eindstryd wen. Die Durbanse span vier ‘n oorwinning van 36-22 teen Gloucester in Londen om die Uitdaagbeker hulle s’n te maak. Drieë deur Phepsi Buthelezi, Aphele Fassi en Makazole Mapimpi, saam met ‘n indrukwekkende 21-punte van Siya Masuku se skopskoen, het die Haaie gehelp om die titel in die Tottenham Hotspur-stadion te verower. Die sege is ‘n welkome blaaskans vir John Plumtree na ‘n baie swak seisoen waartydens die span deurentyd onderpresteer het.