TotalEnergies ondersoek vir gedrag in Afrika

Franse aanklaers het ‘n voorlopige ondersoek teen TotalEnergies geopen nadat slagoffers van ‘n jihadistiese aanval in Mosambiek in 2021 die energiefirma van nalatigheid en indirekte manslag beskuldig het. Islamitiese insurgente het die hawestad Palma in Maart 2021 aangeval naby Mosambiekse gas-infrastruktuurprojekte, wat gedeeltelik deur TotalEnergies besit word. Die klaers sê die maatskappy het versuim om die veiligheid van subkontrakteurs te verseker. Daar was ook nie behoorlike veiligheids- of ontruimingsplanne in plek nie.