Erongo se toekoms lyk uiters blink

In die komende maande en jare sal die Erongo-streek verhoogde ekonomiese groei sien. Een van die jongste verwikkelinge is die waterstofvulstasie wat in Walvisbaai gebou is. Die dorp het verder die vooruitsig dat twee olieraffinaderye ontwikkel kan word. In Swakopmund is meer bouplanne in Maart goedgekeur as in Windhoek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Neville Andre, die goewerneur van die Erongo-streek, wat meer besonderhede het.