Amal Clooney het gehelp om ICC-lasbriewe aan te beveel

Die vrou van die Hollywoodse akteur, George Clooney, was deel van ‘n internasionale paneel wat aanbeveel het die Internasionale Geregshof moet aansoek doen om lasbriewe vir Israelse en Hamas-leiers. Menseregteprokureur, Amal Clooney, het ook getuienis van vermoedelik oorlogsmisdaad asook misdaad teen die mensdom oorweeg. Onder die leiers wat die hoofaanklaer van die hof, Karim Khan, wil laat arresteer, is die eerste minister van Israel, Benjamin Netanyahu en drie leiers van Hamas. Volgens Clooney glo sy aan die soewereiniteit van die reg en die noodsaak om burgerlike lewens te beskerm.