Die minister vir Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede, Sindisiwe Chikunga, het kommer uitgespreek oor die toename in vrouemoord. Chikunga het verwys na ‘n 2022-opname oor geslagsgeweld, en sê meer as 7,3-miljoen vroue is fisiek mishandel en byna 2,1-miljoen is seksueel aangerand. Die land se vrouemoordgevalle bly onder die hoogste ter wêreld. Die departement se woordvoerder, Cassius Selala, sê die minister dring aan dat mans standpunt inneem teen geslagsgeweld en noem dit ‘n menseregtekrisis: