Waterwese stel ondersoek in na waterversuiwering in hoofstad

Die waterwese-departement in die landbou, water en grondhervorming-ministerie gaan ‘n ondersoek na die monitering van waterhulpbrongehalte en besoedelingsbeheer in die Windhoek-jurisdiksie doen. Verteenwoordigers van die departement sal tussen 20 Mei en 24 Mei ter plaatse inspeksies by verskillende fasiliteite doen. Dit is ‘n roetine-inspeksie om nakoming van regulasies te verseker. Kosmos 94.1 Nuus het met die Stad Windhoek se woordvoerder, Cillie Kapolo, gesels oor watter fasiliteite besoek gaan word en of dit verpligtend is.