Twee vas vir 8 olifanttande, 1 man het leeuvel

‘n 23-jarige Zambiër en ‘n 16-jarige Namibiër is by Katima Mulilo in hegtenis geneem vir die onwettige besit van agt olifanttande. Hulle is in ‘n gesamentlike intelligensie-geleide operasie naby die Hippo Lodge-grondpad by Kwala dorpie aangekeer na hulle die tande aan ‘n beampte in gewone klere gegee het. Hulle is aangekla van die oortreding van die Wet op Beheerde Natuurlewe en Handel en een van hulle het ook na bewering die Immigrasiebeheerwette oortree. In ‘n ander saak sal ‘n 39-jarige verdagte wat ‘n leeuvel sonder ‘n permit by sy huis in Katima Mulilo gehad het na verwagting vandag in die dorp se landdroshof verskyn. Hy staar ook aanklagte onder die Wet op Immigrasiebeheer in die gesig omdat hy in Namibië was sonder geldige immigrasiedokumentasie.