Die man wat die geliefde musikant Taliep Petersen in 2006 doodgeskiet het, is dié week op parool vrygelaat. Petersen se weduwee, Najwa, het Waheed Hassan gehuur om haar man te vermoor tydens ‘n kamma-rooftog in hulle huis in Athlone, Kaapstad. Hy het tydens die verhoor in die Hooggeregshof in Kaapstad getuig Najwa het sy familie geld aangebied as hy Taliep sou skiet. Najwa se parool is ook vroeër goedgekeur, maar die minister van Korrektiewe Dienste, Pieter Groenewald, het dit verwys na die department se Toesig- en Paroolhersieningsraad.