Lady Gaga, Travis Scott, Green Day en Post Malone sal in April die hooftrekpleisters wees by die 2025 Coachella-fees by die Empire Polo Grounds in Indio, Kalifornië. Gaga was in 2017 ook een van die fees se hoofkunstenaars terwyl dit Scott, Malone en Green Day se eerste keer is. Die Suid-Afrikaner, Tyla, sal ook optree nadat sy verlede jaar weens ʼn besering nie kon deelneem nie. Ander kunstenaars wat by die fees optree, sluit in Missy Elliot, Megan Thee Stallion, Charli XCX, Anitta, Benson Boone en Shaboozey.